Twyfel 5

Vrydag 28 September  2018 Tema: Twyfel 5

**** My eie woorde

**** Petrus kry ‘n gesig waarin die HERE hom wys dat die evangelie ook na die heidene moet gaan. Onthou dis dieselfde Petrus wat Jesus verraai het maar wat tot bekering gekom het. Die Heilige Gees is op hulle uitgestort om die evangelie te versprei. Die HERE ken Petrus se persoonlikheid en daarom hierdie kosbare woord. “gaan saam met hulle sonder om te twyfel”

Hand.10:19  En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek. 20  Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.

**** Moontlik het die HERE aan jou al ‘n opdrag gegee en soos die volk vanouds hink jy op twee gedagtes terwyl jy verseker weet dis wat die HERE vir jou gesê het. Miskien lui die woorde in jou gedagtes vandag ….sonder om te twyfel. Jesus vertel ‘n verhaal maar eindig dit met ‘n vraag wat vandag verseker oor en oor gevra kan word 

Luk 18:7  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? 8  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; …

**** Dan die vraag

maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader wat in die hemele is laat U naam geheilig word , laat U koninkryk kom, laat U wil geskied in my en elkeen se lewe wat hier lees of luister. Ons bely vanmôre dat ons so maklik kan twyfel. Baie dankie vir die beloftes in U woord dat U reg sal doen aan U kinders wat dag en nag tot U uitroep. Dan vra ek HERE gee ons meer geloof, sodat U geloof kan vind wanneer U kom. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter E begin. U wat die harte toets en die bedoeling van ons gedagtes ken, wil U hulle vandag omvou met U sorg en U voorsienigheid .

In Jesus se Naam. Amen

Geseënde daggie en naweek vir elkeen.

As dit die HERE se wil is en ons bly gespaar stuur ek die volgende dagstukkie op 8 Okt. 2018 weens die skoolvakansie in SA 

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 64 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *