Vetkoekies

Lynette Muller

Bestanddele
375ml ongesif afgemeet koekmeelblom
15ml bakpoeier
10ml suiker
5ml sout
500ml gaar koue rys
410g (1 blik) geroomde suikermielies
125ml melk
1 eier
kookolie vir vlak braai

Metode.
• Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam.
• Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in.
• Klits die melk en eier saam tot gemeng.
• Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n sagte deeg.
• Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie.
• Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin: dit moenie te vinnig braai nie.
• Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam met stroop of heuning.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 422 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *