Waarheen nou? 2

Dinsdag 18 September.2018 Tema: Waarheen nou? 2

**** My eie woorde

****Het jy al voor ‘n kruispad in jou lewe te staan gekom. Jy weet jy moet kies, maar jy weet nie watter kant toe nie.  In vandag se gedeelte is daar so ‘n kosbare belofte vir elkeen van ons

Ps 32:8  Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

****Buiten dat die HERE sê Hy wil ons onderrig en leer, sê Hy, Hy wil ons raad gee en dan die belofte “Sy oog sal op ons wees” Wat ‘n wonderlike wete, dat Hy ons dophou en kyk wat ons doen, dan is ons soms so hardkoppig.  Jy praat met mense, vra raad en advies  en die HERE bevestig vir jou, dis die weg, nogtans volg jy jou eie kop omdat jou eie wil eerste kom. Kyk hoe spreek Hy dit aan as ‘n vermaning dat ons tog nie so moet wees nie. Ag en dan Sy bemoediging daarna.

Ps.32: 9  Wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel wat geen verstand het nie, wat ‘n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. 10  Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou—met goedertierenheid sal Hy hom omring.

GEBED vir VANDAG W

Onse Vader ons moet vandag bely dat ons soms ons eie koppe volg al weet ons U het ons die weg aangewys. Ons kan soms so optree dat dit lyk of ons nie verstand het nie. Vanmôre wil ek vra dat U ons sal help om volkome op U te vertrou. Ek bid vir elkeen onder die letter W. Wys hulle die weg aan maar help hulle om U te gehoorsaam wanneer hulle kies. Ons beroep ons vandag op die hoogste gesag in die hemel en op die aarde. Laat U wil geskied. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 56 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *