Waarheen nou? 3

Woensdag 19 September 2018 Tema: Waarheen nou? 3

**** My eie woorde

**** Die vraag is op watter pad is jy en waarheen gaan jou pad. Is dit die pad wat jý gekies het en wat in al jóú begeertes voorsien? Die maklike pad wat jou so besig hou met die alledaagse, dat daar nie plek vir Christus is nie, of ervaar jy dag na dag dat jy op pad is na wie weet waar en jy gaan maar voort. Ons is almal op ‘n pad of ons dit nou glo of nie en verseker is daar ‘n einde vir elke pad. Moontlik voel en lyk jou pad vir jou reg, want al gaan dinge maar bietjie op en af, dis die lewe.

Spr. 14:12  Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Efes. 5:15  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.

**** Vanoggend wil ek jou verseker, niks en niemand wat oor jou pad kom is toevallig nie. Die feit dat jy hier lees of luister is nie toeval nie. Dis alles deel van God se plan in jou lewe. Sy wil is juis ons redding. Miskien sê Hy vanmôre vir jou soos Hy vir Adam en Eva gesê het

Gen 3:9  Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?

GEBED vir VANDAG XY

Onse Vader, hoe vreeslik is dit net nie wanneer ek dink ek is op die regte pad en is mislei. Vanoggend vra U vir ons elkeen persoonlik “Waar is jy?” Is ek met een voet in die wêreld en die ander voet in die kerk? Help elkeen van ons om onsself te sien soos U ons sien en nie soos ons dink ons is nie. Ek bid vir elkeen onder die letter X en Y  HERE dalk was hulle op U pad toe dit sleg gegaan het, maar nou gaan dit goed en nou het hulle U nie meer nodig nie. Ag my Vader red hulle vir U koninkryk want tyd is besig om uit te loop. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 41 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *