Waarheen nou?  5

Vrydag 21 September  2018 Tema: Waarheen nou?  5

**** My eie woorde

****Het jy al verdwaal? Jy begin van jou vertrekpunt en jy weet waarheen jy gaan en dan neem jy ‘n verkeerde afrit. Jy hou elke bord dop en as jy ‘n GPS het, is die dame se kop skoon deurmekaar nes joune. Dit gebeur met ons in ons geestelike lewe ook. Jy weet waar jy vertrek het en jy weet waarheen jy wil gaan. Tog iewers tussenin het jy die pad byster geraak. Miskien dink jy, nee wat, ek is darem nog reg, maar wanneer ek en jy ons meet aan God se woord skiet ons so vêr te kort

1Kor.6:10  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

Gal_6:7  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

****Nogtans breek God se genade en liefde deur, Hy stuur Sy Heilige Gees met ‘n opdrag dat ons kan omdraai en by Hom uitkom 

Jes. 30:21  en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

Joh 16:8  en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

**** Miskien het daar hierdie afgelope week padwysers oor jou pad gekom, maar ek en jy het ‘n vrye keuse. Ons kan en mag kies, maar terwyl ek en jy self bestuur sal ons altyd verdwaal. Kom ons gee die stuurwiel oor aan die Kenner van ons lewens pad.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader groot en Heilig is U Naam. Vandag kan ons elkeen met eerlikheid sê, ons het gedwaal en verdwaal in ons lewens, maar vanmôre wil ons vra dat U opnuut sal oorneem. Dat U sal help wanneer ons reg of links wil afwyk. Vanmôre bid ek vir elkeen onder die letter A. Mag hulle elkeen vandag U stem hoor waar U vir hulle sê “ Kom huis toe, Ek wag vir jou”

In Jesus se Naam Amen

Geseënde lang naweek tot Dinsdag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 73 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *