Blindes lei blindes. 1

Maandag 22 Oktober.2018 Tema: Blindes lei blindes. 1
**** My eie woorde
****Vanoggend se boodskap is ernstig. So dikwels gee die Heilige Gees woorde van troos en bemoediging. Dan kom daar dae wat Hy sê ek moet hierdie ernstige woord deel, wat nie altyd maklik is nie, maar ek moet gehoorsaam. Vanoggend se ernstige vraag is, dien ek en jy die HERE met ons mond of met ons hele hart siel en verstand. Christus gee ‘n naam vir diegene wat Hom met die mond dien, maar die hart is vol van “self” , vol van “hoe ek dit sien”, vol van dit wat mense sê en doen, vol van hoe ek “geleer” is. Oor wie se eer gaan dit myne, of ons Hemelse Vader se eer. Kyk gerus wie is omgekrap: Dis die Fariseërs. Hoekom? Omdat hy te naby aan die waarheid gekom het en dit maak seer. Dan volg daar iets baie ernstig. As Sy Hemelse Vader hulle nie geplant het nie sal hulle ontwortel word en dan die opdrag…laat staan hulle, hulle is blind en lei ander wat blind is en hulle gaan saam val. Dit het niks met visie te doen nie maar met geestelike insig. Hoe tragies as ek en jy eendag voor Hom moet verskyn, met mense wat agter my staan wat ek saam met my gesleep het omdat ek God met my lippe vereer het en nooit met my hart. Omdat ek ‘n vertoon godsdiens gehad het maar my dae weerspreek wat ek sê.
Mat 15:8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. 9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. 10 En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan! 11 Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein. 12 Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het? 13 Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. 14 Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.
Matt_7:14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
GEBED vir VANDAG P
Onse Vader, hoe vreeslik sal dit net nie wees nie, wanneer U die woorde teenoor ons moes uiter “laat hulle staan” My Vader vanmôre vra ons vir genade dat U ons nie sal laat staan nie, maar elke dag sal onderrig en leer deur U Heilige Gees. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter P begin . Miskien is hulle vanmôre dankbaar of dalk het hulle kommer in hulle harte. Ek vra wanneer hulle U aanroep, dat U die pleit stem van hulle harte sal hoor en verhoor, volgens U groot en heilige wil. In Jesus se Naam Amen.
Geseënde daggie en week vir elkeen
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 42 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *