Blindes lei blindes. 3

Woensdag 24  Oktober 2018 Tema: Blindes lei blindes. 3

**** My eie woorde

****In die Bybel se tye het hulle hul drinkgoed met ‘n doek gesif om sodoende nie miskien ‘n muggie deur te laat wat hulle onrein sou maak nie.  So kosbaar  gebruik Christus dit waarmee hulle bekend is  om ‘n groter les te leer. Die ernstige waarskuwing is juis dat mens jou met die klein goedjies so besig kan  hou dat jy nie die groter sonde in jou eie  lewe besef nie. Vra jouself af, gaan dit waaroor jy vandag ontsteld is môre nog belangrik wees? 

Matt.23:24  Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! 25  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

**** Wat moet ons dan doen? Vra die Heilige Gees om jou te wys en wanneer jou gewete jou aankla weet jy, dit is Hy wat met jou praat. Nou kom die besluit wat gaan jy daaraan doen, en dan moet die besluit toegepas word.  Maklik? Nee om sonde te los is nooit maklik nie, maar die oorwinning deur Jesus se krag is soet en wonderlik.

Jak 1:21  Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red. v22  En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

GEBED vir VANDAG R

Onse Vader dankie vir U woord wat elke dag met ons praat. Leer ons deur U Heilige Gees wat daar in ons lewens is wat tussen U en ons staan en help ons dan om dit te oorwin.

Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter R begin. HERE hoe wonderlik om te weet U ken hulle elkeen se naam. Wil U vandag opnuut hulle daardie versekering gee U hoor hulle roep na U en U sal voorsien omdat U soveel beter weet as ons.In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen .

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 34 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *