Blindes lei Blindes 5

Vrydag 26 Oktober  2018 Tema: Blindes lei Blindes 5

**** My eie woorde

**** Wat is die motief waarom ons dinge doen. Dit is ongelukkig in ons sondige natuur om altyd erkenning te soek. Jesus praat oor die leiers en kla hulle aan.

Matt_23:5  En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.

Matt 23:11  Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. 12  Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

**** Dis so wonderlik dat ons Verlosser niks van ons vra, waar Hy nie self die voorbeeld gestel het nie. Dit sê dat Hy volkome gehoorsaam was, ja selfs tot die dood het Hy Hom aan die wil van Sy Vader onderwerp. Onthou ons kan ook trots wees op ons nederigheid. Dit gaan oor die motief van die hart. Wanneer Christus in ons harte woon, verander Hy ons gesindheid en word dit ons geaardheid sonder dat ons self bewus is daarvan.

Fil.2:8  en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

1Pet 5:6  Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

GEBED vir VANDAG T

Onse Vader wat in die hemele woon, ons aanbid U in U heerlikheid . Dankie vir U liefde om U enigste Seun te stuur, om in ons plek te kom sterf. Dankie Jesus, dat U bereid was om gehoorsaam te wees tot die dood. Neem ons hoogmoed en harte vol van trots en gee vir ons nuwe harte vol van liefde en onderdanigheid. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter T begin . Ek bid ook spesiaal vir Thato waar iemand om voorbidding gevra het. My Vader ek gee hulle elkeen vanmôre in Jesus se arms om vir hulle by U in te tree. Hy ons Verlosser en Middelaar wat die volle prys van ons sonde betaal het. Seën hulle volgens U genade en liefde vandag en gee hulle die oorwinning in U. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde daggie en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly .

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *