EIERVRUG  MET  KAAS

Rika Theron
(6 porsies)

Bestanddele
1 groot ui, afgeskil en in skywe gesny,
broodkrummels,
1 groot eiervrug, afgeskil en in skywe gesny,
mosterdpoeier,
2 tamaties, in skywe gesny,
gerasperde kaas,
sout & peper,
1 pakkie rysmengsel, (Gegeurde Rys te koop in pakkies)
basiliekruid.

Metode
Verhit oond (180°C).  Braai ui in olie tot deurskynend.  Haal uit pan en braai eiervrug ‘n paar minute.  Smeer oondbak met botter en strooi met krummels.  Maak vol met lae eiervrug, uie en tamaties.  Strooi elke laag met mosterdpoeier, krummels, kaas, sout & peper.  Strooi net tamatielaag met basiliekruid.  Bedek met broodkrummels en sprinkel ‘n paar druppels olie uit braaipan bo-oor.  Bak 20 minute.  Bedien met pakkie rysmengsel berei volgens aanwysings.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 896 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *