Hoogmoed 1

Maandag 29 Oktober.2018 Tema: Hoogmoed 1

**** My eie woorde

**** Ons het almal hoogmoed in ons. Soms noem ons dit trots want dit val so bietjie makliker op die tong en klink mos beter as hoogmoed. Satan was ‘n geskape wese in die hemel. Hy het nie skeppingsvermoë gehad nie en hy het dit nou nog nie, want net die Godheid het daardie vermoë. Nogtans wou hy hom gelykstel met die Allerhoogste en oortuig hy ‘n derde van die engele dat God onregverdig is.

Jes 14:12  Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!13  En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.14  Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

**** Is dit nie, maar hoe hoogmoed in ons lewens posvat nie. Ek begin my meet aan ander, dan begin ek dit oordink en begin ek ander beskuldig. Uiteindelik sê die vyand dis mos God die Allerhoogste se skuld en ons glo dit. Kom ons bid gedurig dat ons geestelike oë oop sal wees vir die strikke van die bose.

Kol 4:2  Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging;

GEBED vir VANDAG UV

Onse Vader wat in die hemele woon. Baie dankie dat U volmaak , Alwetend Alomteenwoordig Alsiende en Almagtig is. U, Drie-enig God verdien al die eer en aanbidding. Salf ons oë opnuut om te onderskei wanneer die vyand met sy slimpraatjies ons aanval. Ek bid vanmôre vir elkeen op ons poslys onder die letter U en V Miskien het die oorweldiger van die nasies hulle platgeslaan en voel hulle om te bly lê vandag. Tel hulle op en help hulle om opnuut in geloof na U te kyk. In Jesus se Naam. Amen .

Geseënde daggie en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 26 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *