Hoogmoed 2

Dinsdag 30  Oktober.2018 Tema: Hoogmoed 2

**** My eie woorde

Paulus leer Timotheus hoe hy ander moet leer. Wanneer mens sê “Beveel iemand “ is dit nogal ‘n baie ernstige opdrag.

1Tim 6:17  Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;18  dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam, 19  en vir hulle ʼn skat weglê, ʼn goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.

**** Ons lees nie hier dat jy nie mag ryk wees nie, want immers help die rykes weer die armes. Die gedagte is juis dat ons nie ons hoop op rykdom moet stel nie, maar ons fokus op ons Skepper hou. Verder dat ons juis wanneer ons het goed sal doen daarmee. Onthou ek kan nie ‘n plek koop in die hemel met goeie dade nie, maar wanneer die HERE jou ‘n omgee hart gee, wil jy graag goed doen aan ander en die wonderlike deel is juis dat dit nie ongemerk by God verbygaan nie. Hy sien jou hart en die motief daaragter.

GEBED vir VANDAG W

Onse Vader baie baie dankie dat ons nog het om vir ander te gee. Dankie, vir soveel seëninge onverdiend. In die besonder baie dankie vir die verhoring van gebed om reën te stuur toe die brande woed in George. Hoe groot is U om te hoor in tye van nood. Ek bid vandag vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter W begin. Mag hulle opnuut bewus word daarvan dat U alleen die weg en die waarheid is en net by U kry ons die lewende water wat ons geestelike dors les tot in alle ewigheid .Ons vra dit in Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 28 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *