Hoogmoed 3

Woensdag 31 Oktober 2018 Tema: Hoogmoed 3

**** My eie woorde

**** Ek ontvang gister ‘n stemboodskap wat gaan oor die visserman wat sy nette vol ingesleep het. Die ander man op die kaai sê vir hom as die vis so volop is vandag hoekom gaan hy nie vandag weer in nie. Die visserman vra “ en dan? “ Die gesprek gaan vêrder hoe hy dan meer en meer kan kry en later ander werkers en nog bote en so kan hy later skatryk word en uiteindelik kan hy ander laat werk en huis toe gaan en met sy kinders en kleinkinders speel. Dan antwoord hy, daarom gaan hy nou huis toe, om met sy kinders en kleinkinders te speel. Toe dink ek aan die volgende teks. 

1 Tim. 6:10  Want die geldgierigheid is ʼn wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Deut. 8:17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.18 Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ʼn eed beloof het, soos dit vandag is.

Gal.6:14  Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.

GEBED vir VANDAG XY

Onse Vader, baie dankie vir so ‘n voorreg om te weet, ons is van U afhanklik elke dag. U is die bron van ons krag en ons sterkte. Ek bid vir elkeen wie se naam met die letter X of Y begin op die poslys. Maak hulle vandag opreg dankbaar vir al U seëninge uit U Vaderhand. Dankie, Jesus ons Skepper God wat ons kom wys het hoë die Vader is, vol liefde genade en deernis, maar ook vol van geregtigheid. Verlos ons van die bose. In Jesus se Naam Amen .

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *