LEMOENBESKUIT

Lynette Muller
(KUIER, KOOK & KLETS)

Hierdie beskuit proe net soos heerlike karringmelk beskuit met ‘n skeutjie lemoengeur daardeur – en daar kom nie eers karringmelk in nie.

Bestanddele
1,5 kg bruismeel
2 kop suiker
7 ml bakpoeier
5 ml sout
500 g botter of margarien
fyn gerasperde skil van 1 lemoen
625 ml lemoensap (2½ kop)
2 ekstra groot eiers

Metode
Verhit oond tot 180°C. Smeer drie middelslag broodpanne. Sif bruismeel, suiker, bakpoeier en sout saam.
Frummel botter en lemoenskil daarby in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Klits die lemoensap en eiers saam. Maak meelmengsel daarmee aan. Vorm die deeg in balletjies, naastenby hoendereier grootte tussen die handpalms en plaas dit styf teen mekaar in die broodpanne. Bak die beskuit so 50 minute tot gaar en ligbruin bo op. Keer op draadrak uit en laat afkoel. Breek die beskuite los en pak op draadrakke. Droog oornag in koel oond uit met oonddeur op ‘n skrefie oop.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 245 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *