ROMERIGE ROOIBOS-EN-PIESANGPOEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
250ml kokende rooibostee                                            
gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 ml sout 
250ml suiker
20ml gelatien  
2 ryp piesangs
15ml suurlemoensap
250ml room
30ml karamelkondensmelk

Metode
Meng die tee, suurlemoenskil, suiker en sout saam. Sprinkel die gelatien oor en meng goed. Laat afkoel. Druk die piesangs fyn en meng met die suurlemoensap. Klits die room en karamel saam tot sagte punte vorm en voeg die piesangmengsel by. Voeg by die teemengsel by sodra dit lyk of dit wil begin stol. Meng goed en giet in gesmeerde jellievormpies. Verkoel tot gestol en ontvorm in bakkies of op ‘n dienbord. Sit voor met room of vla. Genoeg vir ses mense.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 158 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *