Wanneer trane loop 1

Maandag 8 Oktober.2018 Tema: Wanneer trane loop 1

**** My eie woorde

**** Ons almal het al gehuil. Diegene wat stry, weet ek verseker die dag toe jy gebore is, het jy  jou eerste huil gegee. Waarom huil ons? Dis daardie oomblik van emosie wat net teveel word en onwillekeurig is dit die uitlaatklep. Dawid huil oor sy teëstanders. Hiskia huil weens sy ongeneeslike siekte. Ons kyk hierdie week na ‘n paar goedjies waaroor ons huil.  

Ps. 6:6  (6:7) Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane. 7  (6:8) My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.

****Toe Hiskia huil stuur die HERE ‘n boodskap met Jesaja

Jes.38:5  Gaan sê vir Hiskía: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien;….

**** Moontlik huil jy vandag of het jy onlangs gehuil. Wat ‘n heerlike vertroosting om daardie blye versekering te hê. Christus hoor  en Hy sien.

Rom 8:34  Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader wat in die hemele is, groot en heilig is U Naam. Ons aanbid U. Baie dankie vir ons elkeen se lewens wat U gespaar het tot hiertoe en die voorreg om in U diens te staan. Ek bid vanmôre vir elkeen wat hier luister of lees en ek vra indien hulle voor U sou huil vandag hoor hulle gebed en sien hulle trane raak. Ek bid vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter F begin. Moontlik het hulle iets spesiaal van U nodig vandag . Daardie iets wat hulle karakter sal vorm vir U koninkryk. Hoor en verhoor hulle uitroep na U. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *