Wanneer trane loop 2

Dinsdag  Oktober.2018 Tema: Wanneer trane loop 2

**** My eie woorde

**** Wanneer ons lank van ons geliefdes geskei was en hulle weer sien, dan huil jy en wanneer jy weer moet afskeid neem, huil jy. Esau en Jakob is aartsvyande uitmekaar. Na meer as 14 jaar ontmoet hulle mekaar weer. Josef was deur sy broers verkoop , was in die tronk en uiteindelik hoof oor Egipte se kosvoorraad. Toe ontmoet hy weer sy broer. Hulle twee was Ragel se kinders. Die samelewing leer ons manne moenie huil nie, maar die Bybel wys anders.   

Gen_33:4  Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.

Gen_45:14  Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween.

**** Het jy al ooit gedink wat het God die Vader deurgemaak toe Hy Sy Seun moes laat gaan. Hy het geweet wat Sy Seun sal deurmaak. Dink daaraan, Christus vou Sy Koningskleed op. Ek glo Hy het seker al die engele gegroet en gesê: “Ek moet nou gaan” Sy kleed lê op Sy troon en toe is Hy weg ….’n saadjie in Maria se skoot. Was dit nog vir goeie mense, maar dit was vir sondaars soos ek en jy, dwelmslawe, moordenaars, leuenaars, dobbelaars, dronkaards, diewe. Ek dink daar was trane in die hemel daardie dag.

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader baie baie dankie dat U U Seun van U hart afgestuur het vir ons . Sulke liefde is te groot om te verstaan. Jesus, Seun van ons Vader dankie weereens vir U offer vir sondaars soos ons, sodat ons die ewige lewe saam met U kan beërwe. Hou ons getrou totdat U weer kom soos U belowe het. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter G op die poslys. My Vader voorsien in hulle behoefte vandag en seën hulle volgens U beloftes in U woord. In Jesus se Naam Amen .

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *