Wanneer trane loop 3

Woensdag 10 Oktober 2018 Tema: Wanneer trane loop 3

**** My eie woorde

**** Ons het seker al almal gehuil van pyn. Fisiese pyn wat ondraaglik is. Mense as jy al regtig tandpyn gehad het weet jy waarvan ek praat. Waar kom al die ander dan net nie daarbý nie. Daardie vreeslike pyn wat voel of jy wil versmoor voor ‘n hartaanval Daardie aanhoudende pyn dag en nag van Artritis, dat jy nie weet of jy die pyn het en of die pyn jou het nie. Ag en so kan mens deur elke siekte loop van kankersoorte, skleroderma en talle meer. Dan daardie pyn hier in jou binneste. Dié een wat niemand sien nie, maar jy dra dit in stilligheid. Dalk het iemand jou met woorde so seergemaak en hulle weet dit nie eers nie.

Ps_69:29  (69:30) Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm.

Spr_14:13  Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so ‘n blydskap is bekommernis.

**** Vanoggend wil ek jou weer daardie versekering gee, ek en jy word nie altyd uit die pyn situasie gehaal nie, maar net soos met Daniël se vriende stap Christus saam met jou daardeur hou aan Hom vas 

Dan_3:25  Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word vandag, nie net op die aarde nie, maar ook in ons lewens. Ek bid vir elkeen wat pyn beleef vandag, nie net fisiese pyn nie, maar daardie hartspyn waar niemand sien nie. My Vader versterk hulle en hou hulle vas. Stuur U engele om hulle te dra vandag. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se Naam met letter H begin. Omstraal hulle vandag met die lig van U teenwoordigheid in elke situasie waar hulle na U om hulp vra. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *