Wanneer trane loop 4

Donderdag 11 Oktober 2018 Tema: Wanneer trane loop 4

**** My eie woorde

**** Die verlange of gemis van iemand wat vêr is laat ons huil. Met die tegnologie maak ons Video-oproepe en dit gee so bietjie troos. Dan daardie afskeid deur die dood van ‘n geliefde of ‘n troeteldier. Daardie skeiding wat vir ons so finaal voel, want daardie persoon leef net in jou gedagtes voort. Terwyl jy besig bly gaan dit goed en sommige dae is dit draaglik. Skielik in ‘n oomblik kom jy op iets af, ‘n foto ‘n briefie of ‘n herdenking en die trane vloei. Soms weet jy nie of jy wens die tyd moet aangaan, stilstaan of terug rol nie, want die skeiding is maar daar. Baie mense sê “ Tyd bring heling” tog weet ek en jy dat oor ‘n lang tyd word dit beter,  maar die wond wil nie altyd gesond word nie. Weet julle Jesus het dit ook beleef. Sy vriend Lasarus sterf. Ons vind daar die kortste teks in die Bybel

Joh 11:35  Jesus het geween.

**** Weet jy Jesus het geweet Hy gaan Lasarus opwek. Dis nie waaroor Hy geween het nie. Hy het geween oor Sy volk wat Hom verwerp het in ongeloof. Hy doen een groot wonderwerk in die hoop dat hulle dan sal glo …maar hulle het nie. As Hy vandag voor ons sou staan sou Hy verseker ook gehuil het oor soveel pragtige mense wat nie glo nie. Dan is die belofte daar, dat die dood op hierdie aarde  eendag tot niet gemaak sal word vir altyd.

1Kor 15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

1Kor 15:54  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. v55  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

GEBED vir VANDAG (i)

Onse Vader ek bid vanmôre vir elkeen wat met trane verlang na ‘n geliefde. Of dit skeiding is deur die dood of deur afstand, die seer is daar. Wil U hulle vandag vertroos met ‘n hemelse troos. Wil u die pyn van verlange stilmaak en draaglik maak. Dankie, vir die hoop wat U ons vandag gee uit U woord. Ek bid vir elkeen onder die letter i op die poslys. Miskien huil hulle oor iets heeltemal anders. Wil U hulle versterk en bystaan. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir julle elkeen .

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *