Wanneer trane loop 5

Vrydag  12 Oktober  2018 Tema: Wanneer trane loop 5

Ek wil vandag begin deur te sê nuwe inskrywings is welkom. Ek stuur e-pos, Whatsapp stemboodskappe of Whatsapp getikte formaat met “broadcast” Dis privaat groepe, dus sien  niemand anders  jou nommer of naam nie . Stuur net ‘n e-pos aan my.

**** My eie woorde

**** Het jy al gehuil van dankbaarheid en blydskap. Daardie iets wat met jou gebeur en die oomblik is net te groot. Ek was 17 jaar oud toe ek een betrokke aand Christus in my hart genooi het. Die oomblik was so groot dat ek gehuil het maar ook geborrel het van hierdie onuitspreeklike vreugde. Die teenoorgestelde is ook waar. Wanneer jy een oggend op jou knieë is en jou sonde teenoor Christus is so groot, dat jy met opregte berou voor Hom huil oor dit wat jy verkeerd gedoen, gesê of gedink het. Jy huil omdat jy Hom so bitter teleurgestel het. Daardie oomblik voel jy soos Paulus waar Hy geskryf het .

Rom_7:19  Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

**** Dan gee die woord vir ons elkeen hoop vanmôre. Daardie hoop dat hierdie aardse dinge tot ‘n einde sal kom en daar iets beter op ons wag.

Open 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.

GEBED vir VANDAG J

Onse Vader, baie baie dankie, vir die seker wete dat U woorde waaragtig en betroubaar is. Wil U vandag elkeen wat hartseer is , troos met U vrede en U teenwoordigheid.  Dankie, dat ons kan weet U gaan alles nuut maak. Mag ons wat hier lees en luister ons verhouding met U vas maak, dat ons daardie groot dag van vreugde kan huil wanneer ons in aanbidding voor Jesus se voete val. Ek bid vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter J begin . Vanoggend sê U vir hulle en vir elkeen wat wil, om hulle dors by U te kom les en dis verniet. Ons vra dit in Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en naweek vir elkeen, tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 53 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *