Wat het jy nodig  2

Dinsdag 16 Oktober.2018 Tema: Wat het jy nodig  2

**** My eie woorde

**** Ons ken die spreekwoord wat sê “Kla met die witbrood onder die arm” Dan weer iemand wat kla oor sy stukkende skoene totdat hy iemand sien sonder voete. Dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie, dit waardeur jy nou gaan is vir jou erg. Nogtans laat die HERE dit juis toe sodat ek en jy ons afhanklikheid aan Hom besef.

Joh_15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

**** Julle ken seker die woorde dat wanneer iemand besig is om te verdrink wag jy totdat hy die derde keer onder gaan, dan help jy anders trek hy jou saam met hom af. Is dit nie ook waarom die HERE dikwels nie dadelik antwoord nie. Sodat ons ons volkome aan Hom oorgee in afwagting vir Sy uitkoms. Onthou dis baie maklik om oor die wonders van God te getuig wanneer alles goed gaan , jy het ‘n goeie werk, almal is gesond, daar is kos op die tafel. Dan begin die terugslae van die lewe en sovele mense  hou jou dop. Jy getuig dan altyd oor God se wonders  en wat doen jy nou? Weet net dit, God sal vir jou voorsien. Dit wat jy nodig het, sal HY op Sy manier en tyd gee.  Loof Hom vir jou situasie al verstaan jy dit nie, want God werk aan jou getuienis vir Hom.

Matt 7:8  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 9  Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee; 10  en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee? 11  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader wat in die hemel woon. Hoe wonderbaar is U teenoor ons as mensekinders. Keer op keer sien ons hoe U woord in ons lewens waar word. Ek wil vanmôre saam met elkeen wat deur ‘n beproewing gaan U loof en prys daarvoor want ons weet U is kragdadig aan die werk vir hulle getuienis op U tyd en manier. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter L begin. Omdat dit ook my naam insluit vra ek HERE vorm en maak ons volgens U groot en heilige wil. Gee vir ons ‘n sagte omgee hart. Ek vra dit opreg In Jesus se Naam. Amen

Geseënde week verder vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *