Wat het jy nodig   5

Vrydag 19 Oktober  2018 Tema: Wat het jy nodig   5

**** My eie woorde

**** Ek sit vanmôre en dink wat het ons in hierdie land regtig nodig. Dis goed en wonderlik om bymekaar te kom en te bid. Die Woord sê “hy wat nie teen ons is nie is vir ons”  Nogtans is ons vas gevang in ‘n passiewe godsdiens. Wanneer mens deur die Bybel lees sien jy keer op keer hoe God Sy hand van seën toe maak, dan wanneer die volk hulle sonde bely en terugdraai,  seën Hy weer. Die Psalmis sê hy smag na die HERE  se teenwoordigheid. Kan ek en jy dit sê.  Om te smag na iets, is soveel groter as om iets nodig te hê vir gebruik. Dis ‘n verlange wat jou hele bestaan en wese beheer. Die Psalmis beskryf dit so pragtig, dis soos ‘n dors na water in die woestyn. Dit is wat ek en jy verseker nodig het.

Hand.3:19  Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

Ps_42:1   (42:2) Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!

Fil 4:19 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader hoe wonderbaar is U woord, wat vir ons die rigting aanwys. Ons staan skuldig voor die hemel en voor U dat ons U nie lief het met ons hele hart siel en verstand nie, want dan sou ons so anders geleef het. Ons bely dat ons nie ons naaste lief het soos onsself nie. Hier is ek en elkeen wat hier luister of lees. HERE verander en vorm en maak ons volgens U wil. Ek bid vir elkeen wie se naam met  die letter O begin op die poslys. Lê U hand van genade op hulle vandag op ‘n besondere manier. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en naweek . Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *