Hoogmoed 5

Baie baie dankie vir JOU bydrae tot hierdie bediening.

Vrydag 2 November 2018 Tema: Hoogmoed 5

**** My eie woorde

**** Ek dink ons almal beleef in ons eie land hoe vandag se woorde waar word. Soveel van ons het gebid, en bid steeds vir hierdie land en sy mense. Toe ek hierdie deel lees vanmôre sien ek hoe die woorde bewaarheid word voor ons oë.

Spr.16:18 Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val. 19 Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards. 20 Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.

 **** Wat is die uiteinde van alles? Die uiteinde is dat elke knie sal buig en erken dat Christus God is, Skepper van die heelal en herskepper van sondaars harte. 

Fil. 2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ʼn dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8en in gedaante gevind as ʼn mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. 9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ʼn naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader wat ‘n voorbeeld het U deur U Seun vir ons gestuur. Help ons om so te leef dat ons gereed sal wees wanneer Hy kom om Sy kinders te kom haal. Vergewe ons ons sonde en verlos ons daarvan. Ek bid vir elke persoon wie se naam met die letter A begin op ons poslys. My Vader, U weet wat hulle besondere behoefte vandag is. Dalk het hulle kommer of angs in hulle werk situasie, dalk het iemand hulle nodig vandag. Wil U voorsien uit U Vaderhand volgens U wil.  In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *