Kyk in my hart 1

Maandag 5 Nov.2018 Tema: Kyk in my hart 1

**** My eie woorde

**** In vandag se tyd, leef ons in ‘n wêreld van kompetisie en erkenning. Ons blaas nie op ‘n trompet soos in die Bybelse tyd nie, maar ons doen dit deesdae  op die sosiale media. Mens kry dit waar persone getuig van iets goed en dit is goed,  maar dan meld hulle “ Ek het toe R200 uitgehaal en gegee.” Die woord sê hulle het hulle loon weg.

Matt 6:1  Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. 2  Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. .

**** Nou staan ander gereed om te sê “ Jy mag nie oordeel nie. Maar kyk wat sê die woord .

Joh_12:48  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.

Spr.27:2  Laat ‘n ander jou prys en nie jou eie mond nie; ‘n vreemde, en nie jou eie lippe nie.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader ons dank U vir die voorreg van aanbidding. Hoe skuldig staan ons elkeen vandag wanneer ons onsself aan U woord meet. Vergewe ons vir soveel kere waar ons erkenning gesoek het om deur mense geëer te word. Aan U alleen kom al die lof en eer en heerlikheid toe. Ek bid vandag vir elkeen op ons poslys onder die letter B. My Vader U ken nie net hulle naam nie, maar ook hulle harte. U ken die verlange in hulle harte, maar U weet ook wat die beste vir hulle is. Laat U wil geskied. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde daggie en week vir julle elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 56 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *