Kyk in my hart 2

Dinsdag 6 Nov.2018 Tema: Kyk in my hart 2

**** My eie woorde

**** In die Bybels se tyd, het die Fariseërs vasgestelde gebedstye gehad. Wanneer dit dan tyd was om te bid en hulle was op straat, het hulle net daar gaan stilstaan om te bid. Dit was dikwels om deur mense gesien te word. Daarmee sê ek nie dit is verkeerd om openbare gebede te doen nie, dit gaan oor wat in jou hart is. Gebed is ‘n gesprek uit jou hart met jou hemelse Vader. Jou persoonlike gebede is privaat, waar jy jou hart voor God oopmaak en elke geheime sonde en stryd voor Hom lê. Kyk hoe kosbaar is die woorde dat Hy wat in die verborgene sien, m.a.w. daar waar niemand sien nie, Hy sal verhoor. Maak tyd in jou lewe vir persoonlike gebed. Worstel jou saak voor Hom uit.

Matt 6:5  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. 6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader hoe wonderlik om te weet ons kan met alles groot en klein na U toe kom. Dankie, dat U juis verlang dat ons tyd maak om ‘n persoonlike gesprek met U te hê. Ek bid vir elkeen onder die letter C op die poslys . My Vader hoor hulle harts uitroep na U vandag voorsien in hulle besondere behoefte en seën hulle met ‘n hemelse seën. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 37 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *