Kyk in my hart 3

Woensdag 7 Nov. 2018 Tema: : Kyk in my hart 3

**** My eie woorde

**** Vandag se woord is so waar. Jou oë vertel wat binne-in jou aangaan. Jou oë verklap jou hart se toestand. Jou oë vertel dat jy vol blydskap is, dat jy hartseer is, dat jy bekommerd is. Daarmee vertel ons oë of ons liggaam verlig is, en of dit vol donkerheid is. Kyk gerus na mense wanneer hulle haat en woede uitspreek, hoe donker is hulle oë, omdat dit nie van die lig is nie. Dan die hartseer woorde wat Jesus self gesê het, as die lig in jou donker geword het …hoe groot is die donkerheid nie.

Matt 6:22  Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. 23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

GEBED vir VANDAG D

Onse Vader hoe wonderlik om te weet, U het U volmaakte Seun gestuur Hy wat die lig van die wêreld is. In Hom is lig en lewe. Help ons vandag om daardie lig te ervaar. Ons bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter D begin. My Vader wil U hulle aanraak deur U Heilige Gees vandag, dat hulle mag weet hulle is in U diens en onder U gesag. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 89 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *