Kyk in my hart  4

Donderdag 8 Nov. 2018 Tema: Kyk in my hart  4

**** My eie woorde

**** Toe ek vanoggend se gedeelte lees sien ek weereens hoe agterstevoor ons is. Jesus sê hier ons moenie ons kwel oor eet en drink en aantrek nie. Dan sê Hy , soek EERS … So wat is dan belangriker. Dis soveel belangriker om eers Sy aangesig en Sy koninkryk te soek, maar kyk wat kom daarbý  … en Sy geregtigheid, dan sal Hy vir die res sorg. Sy geregtigheid is dan juis om in ‘n regte verhouding met Hom te staan. Om Hom eerste te stel, dan val alles in plek. As jou lewe deurmekaar is ….begin by Hom.

Matt 6:31  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 34  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader vandag roep ons U aan uit ons hart om U opnuut in ons lewens in te nooi. Lei ons deur U Heilige Gees om elke dag te besef, U is die spil waar om alles draai. Wanneer ons U het hoef ons oor niks besorg te wees nie want U sal sorg. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter E op ons poslys. Miskien kwel hulle hul vandag oor die aardse goed. Maak hulle opnuut bewus daarvan,  U is die begin en einde en dis waar ons moet begin. Ons vra dit in Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 104 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *