Kyk in my hart 5

 

Vrydag 9 Nov. 2018 Tema: Kyk in my hart 5

**** My eie woorde

**** Wanneer ek en jy vandag vir iemand sê “ Kyk in my hart” weet ons hulle kan dit nie doen nie. Dis juis wat ons sê en doen wat wys wat in ons hart aangaan. Tog weet ons dat daar dikwels ‘n worsteling in jou hart is, omdat jy nie wil doen wat jy doen nie. Uiteindelik kan mense jou ondersteun, maar die antwoord lê juis daarin om ‘n volkome oorgawe te maak. Kyk wat sê Dawid… hy vra dat God sy hart moet deursoek en as hy op die verkeerde pad is vra hy dat Hy hom op die regte pad sal lei. Uiteindelik is dit ons beste keuse

Spr 4:23  Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. 24  Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

Ps.139:23  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; 24  en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader U alleen weet wat in ons harte aangaan. U ken elke gedagte elke tree wat ons gee. Vanoggend bid ek vir elkeen wat worstel daarmee. Ons kan net vra verlos ons van die bose want aan U behoort die krag en mag en al die heerlikheid. Ek bid vir elkeen onder die letter F. My Vader dalk worstel hulle in hulle hart, hoor die pleit stem van hulle hart en gee uitkoms volgens U wil. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde naweek en daggie, tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 156 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *