VRUGTE-KOEK-BROODJIE

Lynette Muller

Bestanddele
100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap
100 g rooi glanskersies, gekap
100 g vrugtekoekmengsel
50 g versuikerde sitrusskil, gekap
80 ml (1∕3k) brandewyn
125 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
310 ml (1 ¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) ekstra brandewyn
versiersuiker vir bo-oor sif

Metode
Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier.
Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute.
Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by.
Meng goed en giet in die voorbereide pan.
Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom.
Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 144 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *