NOG ‘n SKEPPIE KOEKSTRUIF

Rika Theron
Hierdie is ‘n groot resep

Bestanddele
Maak 1 pakkie rooi jellie en 1 pakkie groen jellie aan volgens aanwysings en laat stol.
Sny 1 suikerbrood in blokkies en plaas in poedingbak met inhoudsmaat van 3 liter.
Dreineer 1 groot blik vrugteslaai en rangskik vrugte op koekblokkies in bak.
Meng 2 – 5 ml vanieljegeursel met vrugtestroop en gooi oor.
Skep teelepelsvol van rooi en groen jellie op vrugte en strooi 125 ml gekapte neute oor.
Maak 1 pakkie vanieljekitspoeding aan volgens aanwysings en gooi terwyl dit nog loperig is, oor poeding.
Plaas in koelkas tot gestol.
Klits 125 ml room styf, versoet met strooisuiker en geur met vanieljegeursel.
Versier koekstruif met sjokoladekrummels (Flake) en rooi kersies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 141 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *