Die Pad huis toe 1

Maandag 7 Jan.2019 Tema: Die Pad huis toe 1

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal. Baie dankie vir al die boodskappies en mooi wense vir die nuwe jaar Ek waardeer dit. Diegene wat bevoorreg was om weg te gaan of sommer net naby te kuier sal weet waarvan ek nou praat. Die pad huis toe. Al die geselsies en weersiens kom op ‘n end. Dan begin die pak en laai en jy is  op pad huis toe. So entjie weg, lui jou foon …. julle het dié vergeet…  Nou moet jy besluit of dit belangrik genoeg is,  of naby genoeg om gou om te draai. Klink dit bekend? Vir my is hierdie jaar die pad van keuses, gereedmaak, regmaak, skoonmaak op ons lewenspad. Wie van ons gaan die einde van hierdie jaar sien? Watter rigting gaan ons hierdie jaar? Is ek en jy nog op pad huis toe of het ons so afdraai paadjie geneem. Vandag besef jy dalk jy het iets op jou lewenspad vergeet en jy kan nie aangaan voordat jy dit regmaak nie. Dis dan ook waaroor ons tyd tans gaan in ons 5-Gebedgroep. Belydenis van sonde, vergifnis en bereidheid om jouself te sien soos God jou sien en dan te gehoorsaam. Kom ek en jy gee weer eens die HERE toestemming  op ons pad nes Dawid, om ons te wys, want ons wil mos almal Huis toe gaan. Diegene wat nog nie aangesluit het nie julle is steeds welkom. Jy bid 05:00 elke oggend by jou huis. Almal bid dieselfde gebed op dieselfde tyd

Ps.139:23  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; 24  en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Spr.4:27  wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.

Jes.30:21  en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader, baie dankie vir elkeen wat veilig terug is. Dankie vir hierdie nuwe onbekende jaar wat voor ons uitstrek. Wat meer kan ons doen as om hierdie jaar saam met U te begin. Ek weet en glo elkeen van ons wil eendag saam met U huis toe gaan. Help ons om reg te maak en gereed te maak vir daardie dag. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter A, vou hulle styf vas in U arms van genade en liefde en dra hulle deur elke krisis nood en bekommernis. In Jesus se Naam Amen. Geseënde daggie en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *