Die Pad huis toe 2

Dinsdag 8 Jan.2019 Tema: Die Pad huis toe 2

**** My eie woorde

**** Ek dink ons almal kan saamstem met vandag se tekste. Ons is almal in afwagting aan die een kant en onseker aan die ander kant. Soms is ons weer vol moed en roep uit, dat ek op die HERE wag. Dan kom Sy belofte met vaste sekerheid Die pad huis toe is die pad van die HERE want Sy weg is volmaak. Ons sien en beleef een millimeter van ons lewens,  Hy weet,  beplan en sien  ‘n ewigheid. Daarom kan ons met sekerheid weet Hy is ons skil,  maar die voorwaarde, ons moet kies om by Hom te skuil.

Ps.55:2  (55:3) Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,

Ps.38:15  (38:16) want op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!

Ps.18:30  (18:31) Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader wat in die hemele is, waarlik ons kies U weg en in  geloof wag ons op U. U. weg is volmaak al verstaan en sien ons nie altyd nie. Stap saam met ons die pad huis toe. Ek bid vir elkeen onder die letter B Moontlik lê die jaar soos ‘n berg voor hulle maar gee hulle daar vaste versekering vandag, U is die God wat berge gelykmaak in ‘n oomblik . In Jesus se Naam. Aamen .

Geseënde daggie aan almal

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *