KARAMEL FUDGE

Lynette Muller       

Bestanddele
160g margarien of botter
75 ml gouestroop
1 blik (397g) kondensmelk
325 ml melk, verhit tot kookpunt
6 x 250 ml suiker
250 ml koekmeel
2 ml kremetart
10 ml karamelgeursel

METODE:
Smeer ‘n bakpan of vlak bak van minstens 28 x 18 x 3 cm.

Smelt die botter of margarien en gouestroop saam in ‘n groot dikboomkastrol oor lae hitte.
Voeg die kondensmelk en kookmelk by en meng. Meng die suiker en koekmeel, voeg dit by die melkmengsel en meng deeglik.

Roer die mengsel aanhoudend oor lae hitte tot kookpunt en voeg die kremetart by. Kook dit sowat 25 minute oor lae hitte tot die sagtebalstadium en roer aanhoudend met ‘n houtspaan om aanbrand te voorkom.

Haal die mengsel van die stoof af, roer die karamelgeursel in en klits met ‘n houtlepel tot dit begin styf word. Giet die fudge in die voorbereide pan of vlak bak en maak bo-op gelyk. Sny dit in 2,5 cm blokkies voor dit heeltemal hard is.

Maak ongeveer 60 blokkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 153 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *