Kom ons bid 3

 Woensdag 16 Jan. 2019 Tema: Kom ons bid 3

**** My eie woorde

**** Jesus vertel ‘n gelykenis. Dan sê die woord so pragtig dat die doel daarvan was om ons aan te moedig om: Gedurig te bid en dat  ons nie moedeloos moet word nie.

Luk. 18:1  En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

****Dan vertel Jesus van die regter in ‘n stad wat God nie gevrees het nie. Daar was ook ‘n weduwee in die stad  en dit sê sy het GEDURIG na hom gekom en gevra dat hy aan haar sal reg doen teenoor haar teëparty. Hy wou niks weet nie, maar later ervaar hy al ken hy God nie sal hy haar help, eintlik net om van haar gekerm ontslae te raak. Ons lees verder. 

Luk.18:6  Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.  7  Sal God dan nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?  8  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

**** Die einde van die woorde is die ernstigste waar Jesus vra “ Sal Hy wel geloof op die aarde vind? “ Ek sien in hierdie gedeelte ‘n paar goed raak. Die belofte is daar, wanneer ek en jy dag en nag in ons nood na die HERE uitroep sal Hy verseker antwoord. Het ek en jy al dag en nag na die HERE uitgeroep? Dan die vraag,  glo ek en jy? Wanneer ek en jy vanoggend ons hart voor God leeggemaak het en ons sonde bely het, glo jy regtig dat jy nou skoon is.  Die tweede vraag wanneer God anders antwoord as wat ek verwag, besef ek dat Hy wel geantwoord het maar ten goede vir my. 

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader ons staan skuldig voor U. Ons kan so maklik moedeloos raak . Verder bely ons, ons bid te min. Vanoggend vra ons versterk ons geloof en help ons om te besef hoe waar U beloftes in U woord is en dat U hoor en verhoor soos dit die beste vir ons is. . Ek bid vandag vir elkeen onder die letter H. My Vader laat U wil in hulle lewe geskied. Gee hulle die krag genade en sterkte vir hulle dagtaak. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie aan elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 51 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *