Kom ons bid  5

Vrydag 18 Jan.  2019 Tema: Kom ons bid  5

**** My eie woorde

**** Ek dink ons almal het al ervaar dat dit lyk asof God nie hoor nie of nie antwoord nie. Jy bid vir een ding en iets anders gebeur.  Dan die vraag, wie en wat beheer jou lewe, die vlees of die Gees. Dit wat jou in sy mag het beheer jou. Dit word jou afgod en jy kan nie daarsonder nie wat dit ook al is. Jy is daardeur gebind omdat jy verkeerd gekies het. Daar is en bly net een antwoord, Jesus Christus. Hy het reeds met Sy lewe in my en jou plek gesterf, sodat ek en jy die bande van die vyand kan afgooi. Dan die ernstige waarskuwing, waak en bid!

2Pet 2:19  Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulle self slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf.

Matt_26:41  Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Ps..28:2  Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.

**** Waarvan het jy ‘n slaaf geword? Dis daardie ding wat tussen jou en die HERE staan. Wat het jou vasgevang, alkohol, rook pornografie of enige iets waar jy selfbeheersing oor verloor het. Die ding verteer jou in jou gedagtes elke dag. Daar bly net een antwoord en een oplossing wanneer ek en jy die volgende belofte ons eie maak

1Kor.10:13  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

GEBED vir VANDAG J

Onse Vader ons is almal slawe van sonde maak nie saak in watter vorm nie en ons vra verlos ons volkome. Maak ons vry van die vlees en vul ons met U Heilige Gees. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter J. Onse Heer wil U vandag saam met die versoeking wat oor hulle pad mag kom ook die kragtige uitkoms gee. In Jesus se Naam Amen .

Geseënde daggie en naweek . Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 33 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *