Sy Genade is genoeg 1

Gratis bybelstudie CD’s-1-13 stuur jou posadres asb. 

Maandag 28 Jan.2019 Tema: Sy Genade is genoeg 1

**** My eie woorde

****Miskien het jy ook al dié woord gehoor. Tans sing ‘n sanger daardie woorde, “Hoor jy die Genade” Is dit maar net mooi woorde vir ‘n lied of het jy dit al persoonlik ervaar?. Dan vra jy : “Hoe kan ek dit ervaar as ek nie eers mooi weet wat die woord beteken nie?.  Die maklikste hoe ek dit kan verduidelik is soos volg. Genade is om iets te ontvang wat nie verdien is nie, sonder vergoeding of skuld. Jy is dit eintlik nie werd nie, die persoon is niks aan jou verskuldig nie, maar die persoon gee dit verniet, gratis aan jou. So het God deur die eeue al dikwels genade aan die mensdom betoon maar ook aan individue.  Kom ons kyk na ‘n voorbeeld.

2 Sam 24:13 Gad het toe vir Dawid die boodskap gebring: “Wat wil jy liewer hê? Sewe jaar hongersnood in jou land, of drie maande waarin jy voor jou teenstanders vlug en hulle jou agtervolg, of drie dae lank pes in jou land? Oorweeg nou goed hoe ek Hom (die HERE)  wat my gestuur het, moet antwoord.” V14 Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in ‘n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want Sy genade is groot. Ek wil nie in die hand van ‘n mens val nie.”

Die Here gee deur Gad, drie opsies aan Dawid. Dawid weet hy het gesondig. Dan antwoord Dawid dat hy hom liewer op die Here se genade sal beroep. Die enigste manier om genade te ontvang is om eerlik te wees met jouself en voor die HERE. Ek weet nie wat jou situasie is nie, maar wees verseker vandag kan jy jou op God se genade beroep.

GEBED vir VANDAG P

Onse Vader, al wat ons vanmôre kan vra is dit wat Dawid gesê het, laat ons vandag en elkeen wat hier lees en dit glo, in U hand val want U genade is groot. Dan bid ons almal hierdie week: U wil Vader nie my wil nie. Baie dankie vir daardie wete dat alles ten goede sal meewerk vir hulle wat U lief het. Ek bid vir elkeen onder die letter P vandag. Lê U hand van genade op hulle vandag . In Jesus se Naam Amen .

**** Geseënde daggie en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

  • Baie baie dankie vir diegene wat saam gevas en gebid het die afgelope 21 dae
  • Baie dankie ook vir diegene wat steeds saam bid op die 5-Gebedsgroep Mag ons daardeur geestelik versterk word vir wat ook al op ons wag in hierdie jaar.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 35 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *