Sy Genade is genoeg 3

Woensdag  30 Jan. 2019 Tema: Sy Genade is genoeg 3

**** My eie woorde

****Die grootste genade is kwytskelding. Tog ervaar ek en jy dat ons met die volgende woorde kan identifiseer.

Jes. 64:6 Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur ‘n wind.

***Soms hoor mens dat die HERE mense uitgekies het so waar pas ek dan in die prentjie. Die goeie nuus  vir my en jou vandag is dat ons ook gekies is. Dit bly my en jou keuse wat ons daarmee doen. 

Titus 2:11 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn.  V12 Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,  V13 terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn.  V14 Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.

GEBED vir VANDAG R

Onse Vader hoe wonderlik is die wete dat U genade aan elke mens op hierdie aarde verskyn het. Die keuse bly by ons om te besluit of ons dit wil aanvaar of nie. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter R . Ons Vader wil U hulle vandag aanraak met U hand van genade dat hulle opnuut mag besef U is altyd daar selfs wanneer dit nie vir ons so voel nie. Voorsien vandag in ons almal se behoeftes volgens U wil. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

Sjoe, mense ek het bestellings vir 11 stelle CD’s gekry. Ek het reeds gister alles gedruk (143)maar moet die nou pak vir pos. Vir diegene wat gevra het om koste te help dek, BAIE DANKIE. Ek plaas  my bank data onderaan omdat mense gevra het. . 😊

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 54 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *