Sy Genade is genoeg 4

Donderdag 31 Jan. 2019 Tema: Sy Genade is genoeg 4

**** My eie woorde

****Partykeer sit mens mos en wonder, hoekom is die Here so goed vir my? Wat het ek gedoen dat Hy soveel vir my gee en doen? Dan tref dit jou opnuut, jy het niks gedoen nie, want dan sou ons deur ons werke gered kon word. Dit is suiwer genade op genade. Dit klink soos dubbel genade. Jesus het nie net gekom om ons van sonde te verlos nie, Hy het ook die prys betaal vir ons sonde, sodat ons vry kan wegstap. 

Joh.1:16 Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.  17 God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

**** Satan was nog altyd ‘n leuenaar en bedrieër. Deur die eeue het hy die mensdom oortuig dat God hard ongenaakbaar en on- vergewensgesind is. Toe kom Sy Enigste Seun en Hy kom gee ons ‘n kykie is Sy hart. Dis daardie genade op genade en hoe min mense aanvaar Hom.

Joh. 3:16 God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.  V17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

GEBED vir VANDAG S

Onse Vader, U wat net liefde is, hoe vreeslik moes dit net nie wees om U enigste Seun van U hart af te stuur, juis om sondaars te kom verlos en vrykoop met Sy lewe. Baie baie dankie vir sulke onvoorwaardelike liefde. Baie dankie vir ‘n dubbele porsie van U genade. Ek bid vanmôre vir elkeen wie se naam met die letter S begin. Vader wil U hulle omstraal met die lig van U teenwoordigheid en hulle seën met ‘n hemelse seën volgens U wil. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 26 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *