Wysheid en verstand. 1

Maandag 21 Jan.2019 Tema: Wysheid en verstand. 1

**** My eie woorde

****In ons lewens is daar goed wat ons nie verstaan nie. Een persoon kan byvoorbeeld sommer so vinnig die tegnologie verstaan en begryp, dan is daar iemand anders vir wie dit net totaal onverstaanbaar is. Jy verduidelik stadig en op jou beste manier, maar die een kyk jou net met sulke leë oë aan. Job het soveel vrae oor wysheid gehad. Eers vra hy waar word dit gevind en dan verduidelik hy hoeveel dit werd is en dat ons dit nie met enige goud kan koop nie. Dan vra hy waar kom dit vandaan en waar is die plek daarvan.   Daarmee saam deel hy die wonderlikste antwoord – wat ware wysheid is. Mag my en jou dag gevul wees met daardie ware wysheid en verstand. Ek haal ‘n paar verse aan.

Job.28:12  Maar die wysheid—waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?  V15  Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie. V17  Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil ‘n mens dit nie. V20  Die wysheid dan—waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?

Job 28:23  God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan. V24  Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.

V27  toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors. V28  Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

GEBED vir VANDAG K

Onse Vader, baie dankie vir elkeen wat vandag met krag genade en gesondheid ontwaak het. Hier staan ons aan die begin van ‘n nuwe onbekende week. U wat alsiende alomteenwoordig en alwetend is. U wat ons ons harte kyk. Gee ons vandag daardie wysheid om U te ken en U te dien. Ek bid vir elkeen onder die letter K Help hulle en ook elkeen van ons om te gehoorsaam soos ons gelees het en van die kwaad af te wyk. Om die reguit pad met U te loop. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *