Wysheid en verstand 2

Dinsdag 22 Jan.2019 Tema: Wysheid en verstand 2

**** My eie woorde

**** Moontlik het jy ook al gehoor mense sê: Ek is raadop ek weet nie meer watter kant toe nie. Dalk het jy self ook al so gevoel… As Salomo net nog geleef het sou ek hom gaan vra want as ek in die Bybel lees sien ek hoeveel wysheid hy gehad het. Onthou net dit, die Een wat Salomo gemaak het staan gereed om jou stem te hoor. Die hart van die mens is bedrieglik bo alle dinge ja wie kan dit ken. Tog het Job die regte keuse gedoen.

1 Kon. 4:29  En God het aan Salomo wysheid gegee en ‘n baie groot verstand en ‘n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê, V 30  sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte.

Job 12:13  By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.

Job 42:10  En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.

Bid jy net vir jouself en jou mense? Het jy al vir jou vriende gebid, opreg gebid? Ja, selfs vir dié wat jou skade aangedoen het. Eers daarna sal my en jou omstandighede verander.

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader groot en heilig is U Naam. Baie dankie vir die voorreg om met die Een te praat wat altyd raad en advies het beter as enige mens op die aarde. Help ons om dit te besef en om U te raadpleeg wat die beste vir ons wil hê. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter L . My Vader gee hulle daardie besef U het hulle by die Naam geroep. Vou hulle toe in U genade en liefde vandag en raak hulle aan deur U Heilige Gees om hulle te oortuig van sonde geregtigheid en oordeel soos belowe in U woord. In Jesus se Naam Amen .

Geseënde daggie en week verder.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 49 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *