Wysheid en verstand 4

Donderdag 24 Jan. 2019 Tema: Wysheid en verstand 4

**** My eie woorde

****Ons lewe in onseker en ernstige tye. Tog dien ons die Enigste Skepper God  Wat ‘n voorreg om te WEET Hy is aan my kant! Nou ‘n vraag. Wat is ‘n beginsel? ‘n Beginsel is ‘n algemene reël wat nooit verander nie. Dan die kosbare woorde wat sê wat die beginsel van wysheid is, dus is dit onveranderlik en altyd so. Verder lees ons ook waar ons dit kan vind.

Spr 9:10  Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.

Pred 12:11  Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee.

Deut. 8:17  en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.18 Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.

GEBED vir VANDAG N

Onse Vader Hoe wonderlik om te weet U as Skepper van hemel en aarde gee ons krag wysheid en verstand. Baie dankie vir U woord wat ons rig en lei op ons lewenspad. Ek bid vanmôre vir elkeen wie se naam met die letter N begin op ons poslys. My Heer gee hulle vandag daardie versekering dat daar by U niks onmoontlik is nie. Ons moet net aan U vashou en glo. In Jesus se Naam . Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *