Wysheid en verstand 5 **** My eie woorde

Vrydag  25 Jan.  2019 Tema: Wysheid en verstand 5

**** My eie woorde

**** Wanneer mens deur die woord van die HERE lees is daar vele beloftes , maar daar is ook voorwaardes vir die beloftes. “ As jy ….sal Ek …Dan is daar een belofte wat ‘n wonderlike voorwaarde het en dan kry jy dit maak nie saak wie dit is nie . Die voorwaarde , ek moet daarvoor vra. Hoe maklik is dit ? Wysheid is een van daardie geskenke wat die HERE aan ALMAL gee wat Hom vra en daarmee saam sonder verwyt. So Hy sê nie “ Ja, maar jy wou mos nie luister nie, nou kan jy nie wysheid ontvang nie of jy het hierdie of daardie sonde gedoen so jammer vir jou jy kry niks…” Nee, ons Hemelse Vader staan met ope arms en sê “ Maak net jou ore oop en Ek gee vir jou wysheid en insig.”  Kort jy wysheid en insig vandag? Vra Hom.

Jak 1:5-8 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep  word.7  Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—8  so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

Jak 3:17  Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. 18  En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader baie dankie dat ek en elkeen hier net kan vra vir wysheid en U gee dit sonder verwyte. Baie dankie vir die 5-Groep gebed en elkeen wat U gehoor en verhoor het. Waar ons nou die volgende trappie betree help elkeen wat nog twyfel, om te weet U gee ag op ons roepstem. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter O Miskien het hulle U wysheid nodig om vrede en liefde te saai waar dit so moeilik is . Hoor die pleit stem van hulle harte . In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en naweek

GETUIENISSE en TERUGVOER

**** Ons eerste reeks van 5-uur gebede is nou klaar en nou is daar ‘n tweede opdrag. Ons bid nou elke oggend om 5uur 2 goedjies :

  1. HERE nie my wil nie, maar laat U wil geskied.
  2. Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Dit gaan nie maklik wees nie onthou. As die storms op jou neersak en om dan steeds te weet dit sal ten goede meewerk is nie maklik nie, maar ons is in God se hand

**** Vir diegene wat wel toegang tot YouTube het, hier is die skakel tot my eerste Video

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 44 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *