Bergpredikasie 1

Maandag 25 Feb.2019 Tema:  Bergpredikasie 1

**** My eie woorde

**** Ons kyk hierdie week na Jesus se eie woorde toe Hy op aarde was. Vandag se teksgedeelte kan jy moontlik aframmel. Die vraag is verstaan ek en jy dit regtig?

Matt 7:7  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

**** Wanneer mens hierdie woorde lees kom daar twee gedagtes by jou op. Ek bid al so lank en daar gebeur niks, dalk bid ek verkeerd. Jy sien eintlik gaan hierdie gedeelte oor jou geestelike welstand. Wanneer ek Hom vra vir genade en verlossing SAL Hy dit gee. Daarna sê Hy soek…waar soek jy, hoeveel tyd bestee jy om te soek. Wat soek jy? Dit wat jy soek sal jy vind. Dan die opdrag om te klop. Wanneer ‘n deur toe is sonder die hedendaagse deurklokkies en allerhande geriewe,  klop jy en jy klop weer en jy klop harder en dan luister jy of jy nie voetstappe hoor nie.  Die vraag is hoe ernstig is ek en jy om verlossing te verkry, of gaan dit altyd net oor geld en goed en aardse behoeftes. Jesus het soveel verder gekyk as dit. Kyk waarmee begin hy voordat Hy hierdie woorde met die mense deel.

Matt 7:6  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

**** Wat Jesus hier sê, is dat Hy nou heilige woorde soos pêrels met hulle gaan deel maar dis nie almal wat dit sal verstaan nie .Tog gee Hy dié versekering daarmee saam:

Matt.7:8  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader, vandag moet ons eerlik bely ons het nog nooit regtig gevra, gesoek en geklop soos wat U dit bedoel nie. Ons aanvaar sommer U verlossing en genade so as vanselfsprekend. Help ons om die grootheid en die omvang van U woord te besef en maak ons vry van die aardse goed. Ek bid vir elkeen onder die letter L, my Vader help hulle elkeen om hulle lig so te laat skyn. dat ander U beeld in hulle sal raaksien. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde daggie en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *