Bergpredikasie 3

Woensdag 27 Feb.2019 Tema: Bergpredikasie 3

**** My eie woorde

**** Vanoggend is nogal ‘n ernstige woord wat Christus met ons deel. In my gedagte sien ek ‘n pad wat soos ‘n tregter lyk. Aan die een kant begin dit breed en wyd, en aan die ander kant word dit al hoe smaller totdat net een persoon op ‘n keer deur die opening kan gaan. In die opening staan Jesus. Indien jy Hom nie as jou persoonlike Verlosser aanneem nie moet jy omdraai. Wanneer jy omdraai is dit maklik en die pad is wyd en breed. Verder is die pad so smal jy kan niemand saam met jou neem nie, want hulle moet elkeen self kies. Die grootste groep mense kies die breë pad wat so maklik is en dis eintlik so baie mense daarop. Almal kan mos nou nie verkeerd wees nie, en net ‘n ou klein groepie is reg nie. Geen wonder Jesus waarsku wanneer Hy sê “ Stry hard om in te gaan”. 

Matt. 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Luk.13:24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

Joh.14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

**** Waar trek jy op hierdie pad? Moontlik is jy op pad maar sodra die weg smaller raak sê jy , ooeee nee dit is te swaar, dit is te moeilik. Kyk  hoe lekker is dit op die breë gemaklik pad. Onthou net dit daar wag ‘n ewige vreugde op die wat vasstaan en ewige verdoemenis vir die wat nou alles geniet. Sonde kan nie in God se teenwoordigheid bestaan nie daarom kon Moses Hom nie aanskou nie, want hy sou sterf weens Sy heerlikheid. Net Jesus se bloed kan ons reinig sodat ons voor Hom kan staan eendag.

GEBED vir VANDAG N

Onse Vader hoe groot en Heilig is U net nie en hoe min besef dit. Op die breë pad maak ons U alledaags sonder agting, maar wie sal kan staan voor U heerlikheid. Soos Jesaja en Daniël sal ons op ons aangesig val en ons verberg vir U almag. Ek en elkeen hier moet kies, party het reeds gekies ander nog nie. Wees ons genadig en help ons elkeen, om vas te staan op die smal pad totdat U kom. Ek bid vir elkeen onder die letter N vanmôre. My Vader lê U hand van genade op hulle elkeen vandag. Gee U engele opdra om hulle deur te dra wat ook al wag asb. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie aan elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 43 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *