Ek kies vandag…  5

Vrydag 15 Feb. 2019 Tema: Ek kies vandag…  5

**** My eie woorde

**** Ons het hierdie week gesien ek en jy moet kies. Nogtans wil ek jou die goeie nuus meedeel, dat God jou reeds gekies het. Vandag moet ek en jy kies of ons dit wil glo of nie. Onthou Hy het juis gekom vir sondaars en ja soos Paulus kan ek en jy ook sê HERE ek is die vernaamste sondaar want U ken my deur en deur. Maar daarmee saam dankie dat U genade aan alle mense verskyn het

Tit.1:15  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.

Tit. 2:11  Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12  en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader hoe sal ons ooit regtig kan verstaan dat U sondaar so lief het, nie omdat hulle iets goed gedoen het nie, maar omdat U Seun vir elkeen met Sy lewe betaal het. Maak ons skoon en gereed sou dit vandag ons laaste dag op die aarde wees dat ons verseker weet my saak met my Skepper is reg. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter F . Ek wil vra dat U hulle in hierdie oggend met U hand van liefde en genade sal aanraak. Omstraal hulle met die lig van U teenwoordigheid . In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 42 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *