Hoender Paella

Bestanddele
1 heel hoender of 8 hoenderporsies soos borsies en dye;
Sout en peper na smaak;
Olie;
Water of hoenderaftreksel;
750 ml gaar geel- of bruinrys;
1 ui in ringe gesny;
4 knoffelhuisies, fyngedruk;
1 groen soetrissie, in repe gesny;
1 groot ryp tamatie, ontvel en in blokkies gesny;
250 ml bevrore ertjies;
5 ml droë orego;
5 ml droë basiliekruid;
‘n Knippie neutmuskaat;
‘n paar druppels Tabascosous.

Metode
Geur die hoender na smaak met sout en peper en braai in die olie tot bruin, voeg ‘n bietjie water of hoenderaftreksel by, verlaag die hitte en prut tot die hoender sag en gaar is. Skep dit uit en laat dit effens afkoel. Ontbeen die hoender en sny in happiegrootte stukkies.

Berei intussen die rys voor en voeg sowat 5 ml borrie en sout na smaak by die water waarin die rys gekook word (indien jy geelrys maak). Soteer die ui, knoffel en groen soetrissie in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie by en prut tot die tamatie sag is. Voeg die hoenderstukkies en die ertjies by. Roerbraai tot lekker warm.

Voeg die geelrys by en verhit tot goed deurgaar. Roer gereeld en geur met orego, basiliekruid, neutmuskaat, ‘n paar druppels Tabascosous en nog ‘n bietjie sout en peper indien dit nodig is. Bedien warm – hierdie resep behoort heeltemal voldoende vir ongeveer ses mense te wees.

As ons later vanjaar van die see af terugkom met ons gebruiklike vraggie seekos veilig in die vrieskas, maak ons weer ‘n afspraak en dan dis ons net vir die pret egte seekos-paella op. Dieselfde tyd, dieselfde plek…

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 165 times, 5 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *