Standvastig  1

Mag ons Vader jou seën

Maandag 18 Feb.2019 Tema: Standvastig  1

**** My eie woorde

**** Om te kies soos ons verlede week gesê het, is een ding. Om staande te bly daarin wat ons gekies het, is ‘n ander ding. Wanneer almal om jou dink soos jy en doen soos jy is dit darem nie te moeilik nie, want almal doen dit. Die probleem kom wanneer “almal” dit doen en jy soos ‘n spreekwoordelike seer vinger uitstaan. Daar is sulke pragtige voorbeelde in die woord vir ons opgeteken juis, om ons te bemoedig en te versterk.  Dink aan Daniël en sy drie vriende. Terwyl almal saam met die groep beweeg, bly hulle standvastig en getrou aan die God van die hemel. Josef kry die grootste geleentheid ooit om sy beginsels prys te gee, maar hy staan rotsvas by God se beginsels. Dan is daar ook diegene wat gestruikel het. Waarom is dit dan in die Bybel opgeteken? Sodat ek en jy kan weet al val jy soos Dawid kan jy weer by God uitkom en regmaak. Toe Dawid sy sonde besef roep hy uit na God.

Ps 51:12  Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. 13 Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! 14 Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. 15 Dan sal ek oortreders leer wat U van ‘n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.

**** Dawid vra vir standvastigheid juis nadat hy gesondig het. Kyk waarvoor vra hy. Hy wil weer blydskap ervaar soos iemand wat deur Christus  verlos is. Wanneer mens dieper lees sien jy hoe Dawid se gewete hom verteer het en dat hy geen vreugde meer gehad het toe sy sonde op hom druk nie . Tog onthou hy hoe hy die HERE met toewyding gedien het, met ‘n skoon gewete en hy verlang daarna.

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader soos Dawid vra ons vandag hou ons standvastig al dink mense ons gaan teen die stroom op. Lei en rig ons deur U Heilige Gees. Ek bid vandag vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter G begin. Help hulle om vandag helder en duidelik te hoor wat U wil is maar boweal help hulle om te gehoorsaam. In Jesus se Naam Amen .

Geseënde daggie en week .

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 46 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *