Standvastig 2

Dinsdag 19 Feb..2019 Tema:  Standvastig 2

**** My eie woorde

**** Die Here neem nie versoeking weg nie, maar Hy beloon ons as ons standvastig bly. Onthou net een ding Hy verander nooit nie, dis ons wat verander. Miskien het jy al gevra : “ Is dit sonde…?”  Die feit dat dit jou pla sê die Heilige Gees praat met jou en dit is sonde . Dis juis wat Hy doen, Hy praat in ons gedagtes om ons op die reguit pad te hou.

Jak.1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinnings prys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. 13 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14 Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.  15 Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader ons bely vandag hoe maklik ons aan sonde kan toegee. Alles gaan uiteindelik oor self. Help ons elkeen vandag om die voorbeeld van Jesus te volg . Hy wat gekom het om te dien al was Hy die Koning van die heelal. Hy het alles vir ons neergelê. Maak ons oë oop vandag om versoeking te weerstaan in die Naam en die bloed van Jesus. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter H . My Vader hoor en verhoor hulle uitroep na U volgens U wil . In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 28 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *