Standvastig 3

Woensdag 20 Feb. 2019 Tema: Standvastig 3

**** My eie woorde

**** Vandag se gedeelte ken ons goed, maar hierdie keer is die fokus is op die tweede deel. Die waarskuwing teen die duiwel,  wat soos ‘n brullende leeu rondloop. Daarna die opdrag ons moet hom teëstaan, nie uit onsself nie, maar standvastig in die geloof. So wat dit eintlik sê hou in geloof aan God, vas Hy sal vir jou veg.

1Pet 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. 8) Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. 9) Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

**** Die volgende deel sê ons moenie twyfel nie. Sodra ons twyfel is ons soos die branders van die see. Dink daaraan, hulle spoel oor en oor heen en weer.

Jak.1:6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader wat meer kan ons sê as baie dankie. Wanneer die vyand of twyfel ons oorval, is U steeds daar. Ja, al voel ons ons is platgeslaan deur die vyand en ons geloof is soos die branders van die see, is U sterke hand daar om ons op te tel. Ek bid vir elkeen wie se naam met die letter i begin. My Vader wees hulle genadig , help hulle om reg te kies en in U wil te bly. In Jesus se Naam Amen.

Sterkte en ‘n geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 36 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *