Sy Genade is genoeg 5

Vrydag  1 Feb. Jan. 2019 Tema: Sy Genade is genoeg 5

****Sonde: Soos Paulus ervaar ek en jy ook mos, dat dit wat jy nie wil doen nie, dit doen jy, en dit wat jy wil doen, daarin slaag jy nie. Dis sulke tye wat mens wonder hoe lank sal ons Skepper nog my sonde duld. Tog is die volgende gedeelte vir my die wonderlikste bemoediging om te weet, dat hoe meer ek sondig. hoe meer word Sy Genade. My sonde kan nie Sy genade oortref nie. Dan die vraag of ek dan maar kan aanhou sondig? Kom ons lees dit.

Rom. 5:18 Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal. 19 Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word.  20 Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword. 21 Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here. H6 V1 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? 2 Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

****So wat beteken dit? Geen sonde is té groot vir God om te vergewe nie. Hoe groter die sonde hoe groter Sy genade. Dan sê Paulus dit beteken nie ons moet aanhou sondig nie.

Spr.28:13  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

GEBED vir VANDAG T

Onse Vader, vanmôre moet ons bely ons gees is gewillig maar ons vlees is swak. Nogtans gee U ons juis daardie versekering dat ons deur die krag van Christus tot alles in staat is. Ek bid vanmôre vir elkeen wie se naam met die letter T begin op ons poslys. Wat ook al hulle worsteling is gee hulle opnuut daardie versekering van U groot genade. Ek bid dat U nou met ons elkeen sal gaan ons in die holte van U hand sal bewaar, In Jesus se Naam Amen .

Geseënde daggie en naweek vir almal. Tot Maandag as ons gespaar bly

GETUIENISSE en TERUGVOER

Mense baie dankie vir al die bestellings vir CD’s. Ons is nou al twee dae sonder elektrisiteit. Ek glo en vertrou dat ek teen Maandag die CD’s  sal pos. Baie dankie vir diegene wat hierdie bediening ondersteun.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *