Sy tyd.  1

Maandag 4 Feb.2019 Tema: Sy tyd.  1

**** My eie woorde

**** Vanoggend sê die woord, vir alles is daar ‘n tyd. Tog dink ek vanmôre daaraan. Hoeveel is daar wat vanmôre die tyd sou wou terugdraai. In jou gedagte vra jy, as ek tog net nog een kans gehad het om te sê… Helaas té laat – daardie oomblik van tyd is vir altyd verby. Tog het ek en jy elkeen vandag, juis omdat ons besef, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink kan alles verander. Gister en die dae daar voor is onherroeplik verby. Dan weet ons, ons het vandag. Vandag kan ek oor begin uit dit wat ons almal geleer het. Een ding weet ons almal met ‘n vaste sekerheid God se tyd is nie my tyd nie. Ons tye is in Sy hand. 

Pred. 3:1  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd: 2 ‘n Tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te roei wat geplant is, 3  ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou, 4  ‘n tyd om te ween en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te weeklaag en ‘n tyd om van vreugde rond te spring,

Ps.139:23  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;  24 en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

GEBED vir VANDAG U en V

Onse Vader wat in die hemel woon, skielik besef ons elkeen vanmôre hoe totaal afhanklik ons van U is. Mense kan 1000 woorde gee, met tekste prentjies geld en goed, maar U het belowe U gee vir ons die Trooster in ons harte. Net Hy kan ware troos bring vir stukkende harte en oë wat nie wil ophou huil nie. Moontlik is hier mense wat hulle eie smart en pyn deurgaan op ons poslys. Vanmôre kyk ons op na U waar ons hulp, redding en troos vandaan kom. Ek bid ook vanmôre vir elkeen onder die letter U en V . My Vader vou hulle toe in U liefde en genade vandag. Ons vra dit in Jesus se Naam. Amen

Geseënde daggie en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

Ek pos so die HERE wil vandag julle pakkies deur die pos. Baie baie dankie vir diegene wat ‘n bydrae gelewer het.

Dit help regtig baie. Mag ons Vader julle seën

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 25 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *